Hartland is gebaseer op Deon se Hertzogprys-bekroonde dramas Kaburu, Stille Nag en Boesman, my seun.

Dit vertel die storie van 'n uitgebreide Afrikaner-familie in Suid-Afrika en wys die gevolge van die keuses wat elkeen elke dag maak, asook die uitwerking daarvan op die res van die familie.

Temas soos vergifnis, Afrikaners se toekoms in SA, die kompleksiteit van Afrikaner-wees en Afrikaner-identiteit word in die reeks aangeraak.

Met akteurs soos Wilna Snyman, Marius Weyers, Sandra Prinsloo en Brümilda van Rensburg, om maar net ’n paar te noem, kan kykers net uitsien na dit wat die reeks inhou.

Die eerste episode begin met Jan Cilliers se 65ste verjaardag, wanneer die Cilliers-familie laer trek en ou wonde oopgekrap word . . .

Hartland begin op 19 Julie 2011 om 20:00 op kykNET, kanaal 111, op DStv.

David Reese en Marius Weyers as Boetjan Cilliers en Jan Cilliers Wilna Snyman as Ouma Cilliers
Sandra Prinsloo as Maria Cilliers Franci Swanepoel as Antoinette Cilliers, André Odendaal as Adriaan Cilliers, en Elné Pretorius as Elizabeth (Lizzie) Cilliers
Anrich Herbst, Hanli Rolfes, en Stefan Vermaak as Bertus, Elna en Neil
Elné Pretorius, André Odendaal, Franci Swanepoel en Andrew Thompson as Elizabeth, Adriaan, Antoinette, en Vlooi Cilliers
Johan Scholtz, Brumilda van Rensburg, Nadia Beukes en Vaughan Gardner as Rudi, Rika, Esmé en Gerhard Naudé
Wilna Snyman as Ouma Cilliers