Hulle is twee van die aantreklikste mans in Hollywood en nou gaan Brad Pitt en Ryan Gosling saam in ’n fliek speel, berig Variety.

Dié fliek sorg reeds vir groot opwinding - en dit net oor die twee akteurs wat daarin speel! Dit klink darem ook of die storielyn interessant is.

Diw fliek is gebaseer op Michael Lewis se nie-fiksieboek The Big Short: Inside the Doomsday Machine. Dit gaan oor die gebeure wat aanleiding gegee het tot die ekonomiese resessie van 2008.

Big-short-inside-the-doomsday-machine

En buiten vir Ryan, Brad en die storielyn is daar nóg lokaas om jou in die teater te kry: Christian Bale.

Christian Bale

Brad se filmproduksiemaatskappy Plan B is verantwoordelik vir die fliek.

Hy het dié maatskappy destyds saam met Jennifer Aniston en Brad Grey gestig. Maar ná sy egskeiding met Jennifer en toe Brad Grey die voorsitter van Paramount Pictures geword het, het Brad alleeneienaar geword, volgens Wikipedia.

Brad Pitt het ook die rolprentweergawe van Michael Lewis se 2003-boek, Moneyball, met dié maatskappy vervaardig.

Ons wonder of The Big Short net so ’n sukses gaan wees. Moneyball was op die Amerikaanse Filmvereniging se kortlys vir die beste rolprent van 2011.

Moneyball

Bronne: Variety