Theresa Rainier (47) en Leni White (55) is beide met longkanker gediagnoseer en hoewel Leni se kanker in remissie is, het Theresa s'n teruggekom. Sy begin binnekort weer met behandeling.

Dit het hulle egter nie weerhou om sowat vyf en 'n half meter diep saam met die akwarium se skeurtandhaaie rond te jakker nie.

SARIE was daar met die kameras!

November is longkanker-bewustheidmaand.

  • Meer as 'n miljoen mense sterf jaarliks aan longkanker.
  • Longkanker word dikwels verkeerd gediagnoseer as tuberkulose of longontsteking.
  • Sowat 90% van mans en 80% van vroue kry longkanker as gevolg van rook.