Oor die jare het die gewilde realiteitsprogram Boer soek ’n vrou gesorg dat boere ’n kans op liefde kon kry. Verskeie bekende vroue het Kupido gespeel: Elma Postma, Angelique Gerber, Nadia Beukes, Minki van der Westhuizen, Leah en nou Marciel Hopkins. Op 19 Julie gaan kykers die boere ontmoet van die splinternuwe seisoen. 

Het jy geweet tot dusver is daar 17 paartjies al getroud, danksy dié pasmaat-program. Ons kyk terug ná van ons gunsteling-paartjies:

1. Boer Tickey en Selmé-Louise van Wyk

Boer Tickey en Selmé-Louise. SKERMGREEP Boer soek 'n vrou / kykNET

In 2008 is die eerste seisoen van Boer soek ’n vrou uitgesaai. En dis hier waar Tickey en Selmé-Louise se paaie gekruis het. Die paartjie is al 10 jaar getroud en het twee oulike kinders - ’n seun en ’n dogter.

2. Boer Gerrie en Carna Rossouw

In seisoen sewe het ’n blondekop skoonheid die hart van ’n boer van Bothaville behoorlik gesteel. Hulle het intussen die trotse ouers van twee dogtertjies geword.

Boer Gerrie en Carna Rossouw FOTO Instagram / Carna Rossouw

3. Boer Derius en Melanie Kruger

In seisoen sewe het kykers hul harte behoorlik verloor op die oulike boer buite Hopetown. Liefde was nie vir hom beskore nie ... Maar kort daarna het sy paaie met Melanie Bester, ’n ingenieur van Pretoria gekruis. Die paartjie is verlede jaar getroud.

Boer Derius en Melanie Kruger. FOTO Instagram / Melanie Bester Kruger


4. Boer Hennie en Jacobu Lötter

Hierdie twee - wat ’n liefdesverhaal! Albei was op die negende seisoen van Boer soek ’n vrou te sien. Aanvanklik het Jacobu vir ’n heel ander boer geskryf, maar toe werk dit nie uit nie en haar pad kruis met Hennie. Die paartjie is in 2017 getrou.

Boer Hennie en Jacobu Lötter. FOTO Instagram / Hennie Lötter

5. Boer Willem Pool en Sanel Prinsloo

Verlede jaar het die rooibosboer van Clanwilliam sy mooinooi ontmoet. Die paartjie staan steeds sterk en het onlangs ’n pragtige fotosessie met SARIE gedeel. Lees die onderhoud en kyk die pragtige fotosessie.

Boer Willem Pool en Sanel Prinsloo FOTO Kilig Photo