Haar engelstem het gesorg vir treffers soos "Only Time", "Orinoco Flow" en "May It Be". Die Ierse sangeres Eithne Pádraigín Ní Bhraonáin, beter bekend as Enya, het op haar dag vier Grammy-toekennings verower. 

Naas U2 is Enya die Ierse solokunstenaar wat die meeste albums wêreldwyd verkoop het, maar sedert haar debuut in 1987 het sy nog nooit 'n konserttoer onderneem nie. Sy staan ook skaars onderhoude toe.

FOTO Getty Images / Gallo Images

Haar laaste album, Dark Sky Island, is in 2015 uitgereik. In 2017 het sy vlugtig by die Grammy-toekenningsaand verskyn.

Hier praat sy oor Dark Sky Island:

Die pragtige 54-jarige sangeres is baie privaat en word as 'n kluisenaar beskryf. Sedert 1997 bly sy alleen in die Manderley-kasteel in Killiney in die Dublin-graafskap met net haar katte as geselskap. Sy is in geen verhouding nie en het geen kinders nie. Haar eie familie sien haar glo skaars.   

"Ek wil die musiek moet self praat, ek wil nie die fokus wees nie," het Enya in 'n seldsame onderhoud in 2000 aan The Guardian gesê.

Volgens US Weekly bring sy die meeste van haar tyd in haar geliefde kasteel deur. Sy skryf steeds musiek.

Het jy geweet?

Enya het al in 10 tale gesing, waarvan drie fiktiewe tale is wat geskep is deur Lord of the Rings-skrywer J.R.R. Tolkien.

Onthou jy nog dié treffers?

Enya se "Only Time"

"May It Be"

"Orinoco Flow"

Bronne: US Weekly, The Guardian, Daily Mail