Prins of prinses van Cambridge dalk dié naweek hier

Fotograwe en joernaliste kamp sedert die middel van die week voor die hospitaal uit waar Kate, die hertogin van Cambridge, die lewe aan die nuwe prins of prinses gaan skenk. Luidens gerugte gaan die baba Saterdag, 13 Julie, sy of haar verskyning maak.

Ontmoet William en Kate se viervoetige 'kind'

Daar is nog geen teken dat Kate by die St. Mary-hospitaal in Londen (waar William en Harry ook gebore is) opgedaag het nie. Wanneer baba Cambridge wel gebore word, sal 'n koninklike amptenaar by die ingang van die hospitaal 'n koevert hê met al die inligting oor die baba. Dié koevert sal aan 'n koninklike bode oorhandig word wat dit na Buckingham-paleis neem waar dit uitgestal sal word vir die publiek om te aanskou.

Kate se groot bekommernis: William mis dalk die geboorte

Die naam ...

Dit is steeds nie duidelik wat die kleinding se naam of geslag gaan wees nie. Die Paleis het die week bevestig dat die kleinding se titel die prins of prinses van Cambridge sal wees. Pa William se amptelike titel is prins William, hertog van Cambridge, en ma Kate is Catherine, hertogin van Cambridge.

Dié hertogin is beslis die stylkoningin

Hello! berig dat Kate en William 'n kortlys vir hul baba se naam het, maar nie sal besluit voordat hy of sy gebore is nie.

Dit mag dalk 'n tydjie duur voordat hulle die naam ná die geboorte bekend maak. William se ouers, prins Charles en Diana, prinses van Wallis, het 'n week gewag voordat hulle William se naam bekend gemaak het. Prins Andrew en Sarah, die hertogin van York, het twee weke gewag voordat húl oudste se naam, Beatrice, bekend gemaak is, en koningin Elizabeth het 'n volle maand gewag voordat sy bekend gemaak het dat hulle "Charles" vir hul eersteling gekies het.

Die ánder prinses van Cambridge

Indien Kate die lewe aan 'n dogter skenk, sal sy nie die eerste prinses van Cambridge wees nie, berig Hello!. Prinses Mary Adelaide Wilhelmina Elizabeth van Cambridge, wat in 1833 gebore is, het dié titel met haar ouer suster, prinses Augusta van Cambridge, gedeel.

Mary is, soos William se ma Diana, die "prinses van die mense" genoem. Sy het baie van luukse materiale en duur juwele gehou.

FOTO'S: Kate Middleton se jongdae

William is Mary se agter-agter-agter-kleinseun, en daarom het hy ná sy troue ook die titel hertog van Cambridge ontvang, soos wat dit koninklike tradisie is.

Die voorbereiding ...

Kate het glo leer kook voor die baba kom (lees meer hier), en wat ook al sy gekoop of gedra het tydens haar swangerskap se verkope het die hoogte in geskiet. Dié verbruikersaksie is die "Kate-effek" gedoop. Lees meer daaroor hier.

Só gaan die babakamer lyk

Sy het blykbaar ook joga gedoen gedurende haar swangerskap. Die swangerskap-ekspert Heidi Murkoff het aan Hello! gesê dat vroue wat gedurende swangerskap oefen se babas gewoonlik gesonder is. Kate wil op die natuurlike manier kraam.

Hiér gaan Kate geboorte skenk

William het gesê hy gaan aan haar sy wees, hoewel hy ingeskryf is om Maandag aan 'n polo-wedstryd deel te neem wat sowat 160 km van die hospitaal is.