Die Suid-Afrikaanse model Candice Swanepoel gaan 2 wagte hê wat haar beskerm wanneer sy die wêreld se duurste onderklere dra.

Candice gaan by die jaarlikse Victoria’s Secret vertoning onderklere dra wat ongeveer $10 miljoen (R99,6 miljoen) werd is. Dié 23-jarige model van Mooirivier in KwaZulu-Natal gaan op die loopplank loop met dié fantasie-onderklere wat deur die internasionaal-bekende juwelier Mouawad ontwerp is.

FOTO: Instagram FOTO: Instagram

SARIE.com het onlangs saam met Candice in die Kaap gekuier. Lees meer hier!

Dié onderklere bevat sowat 4 200 edelstene van regoor die wêreld en is in 18 karaat goud geset. Die robyn in die middel van die bostuk is 52 karaat!

FOTO: Instagram FOTO: Instagram

Dit is ’n groot eer vir ’n onderklere-model om dié fantasie-onderklere te dra. Hiermee volg Candice in die voetspore van Gisele Bündchen, Heidi Klum en Claudia Schiffer wat ook al dié fantasie-onderklere gedra het.

Dié onderklere is spesiaal vir Candice se lyf gemaak. Wanneer sy dit aantrek, moet sy handskoene dra en sy word deur 2 lyfwagte beskerm.

BRON: Daily Mail, Vogue