Die transformasie van krieket in SA: Graeme stem nie juis saam dat krieket stadig transformeer nie. Die Proteas het immers vele spelers soos die nuwe Vernon Philander, asook Alviro Petersen, Ashwell Prince, Hashim Amla, Jean-Paul Duminy, Lowabo Tsotsobe, Lungile Bosman, Mohammed Tahir, Robin Peterson en Wayne Parnell. “Hulle is uitstekend, dominante kragte wat ikone word.”

Om groot skoene, soos die van Hansie Cronjé, as jong kaptein te moes vol staan: Graeme het as jongeling opgesien na Hansie (voor die korrupsie-ding) maar het hom nooit ontmoet nie. “Ek het Hansie leer ken deur spelers wat hom geken het en gou besef dis moeilik om sy legacy te probeer volg. Ek doen in alle opsigte net my bes, daar is genoeg druk om te presteer en te wen.”

Wêreldwye korrupsie in krieket: “Korrupsie is afgryslik en daar moet ernstig daarteen opgetree word. Soos met Hansie moet sulke spelers lewenslank geskors word. Die Internasionale Krieketraad (ICC) het ook verskeie metodes in plek om korrupsie te verhoed. Jong spelers word ernstig daarteen gewaarsku. So, glo ek, kan krieket weer die gentleman’s game word wat dit behoort te wees.”

Sy kontaklense: “Sonder my weggooibare kontaklense kan ek glad nie sien nie, en sou ek beslis nie ‘n krieketloopbaan kon hê nie.) Sy vrou, Morgan, spot goediglik oor die “dik bril” wat hy dra wanneer hy in die bed lees!

HIER NEEM MORGAN DEEL AAN X-FACTOR