Anne Hathaway het haar blink, gesonde lang hare kort afgesny vir haar nuwe rol in die fliekweergawe van die musiekblyspel, Les Miserables.

Sy speel die rol van Fantine wat haar tande en hare verkoop om geld te maak. Hoewel sy geweet het dat sy wel haar hare vir die rol sal moet verloor, was dit maar steeds 'n skok toe dit so kort afgeknip is.