Wat gaan aan met dié aantreklike Hollywood-mans?

Deur SARIE.com-span
08 Julie 2014
Leonardo DiCaprio en Hugh Jackman is van die aantreklikste mans in Hollywood, maar kyk hoe lyk hulle nou!

Leonardo DiCaprio en Hugh Jackman is van die aantreklikste mans in Hollywood, maar kyk hoe lyk hulle nou!

Dié akteurs is gewoonlik stylvol op die rooi tapyt, maar deesdae lyk hulle bietjie ... anders.

Leonardo, wat deur die jare met sy gewig sukkel, het weer ’n paar ekstra kilogramme opgetel. Die webtuiste x17online het dié eksklusiewe foto's bekom waar hy baie anders lyk as toe ons hom laas op die rooi tapyt gesien het.

Ja, almal is ook maar net mens!  x17online x17online Leo (39) en sy 22-jarige model-meisie, Toni Garnn, het saam met vriende ’n stranddag in Malibu geniet. Hugh Jackman se nuwe voorkoms het ook ons oog gevang toe ons hom langs die Wimbledon-baan gewaar het. Dié 45-jarige akteur se hare is afgeskeer en hy het ’n lang snor en baard.

Die rede vir Hugh se nuwe voorkoms? Hy speel die booswig Blackbeard in die nuwe Peter Pan-film, Pan.

Só lyk Hugh gewoonlik: FOTO: Instagram FOTO: Instagram Bronne: x17online en Huffington Post