Sy het in die geheim vier keer geposeer vir 'n skildery deur die koninklike skilder, Nicky Philipps. Philipps was ook die skepper van portrette van prins William en sy broer, Harry.

Nicky Philipps se portret van Prins Harry en Prins William

Dié skildery van Kate is die eerste koninklike een van haar en daarom 'n baie gepaste én intieme geskenk aan haar eggenoot van byna 'n jaar. Haar skoonpa, prins Charles, sal vir die skildery van meer as R300 000 betaal.

Volgens Philipps was dit moeilik om Kate te skilder omdat sy "so mooi is". "Mooi mense is baie moeiliker om te skilder omdat hul gesig simmetries is. Dis moeilik om dit gestand te doen."

Kate en prins William deel 'n passie vir kuns en het albei kunsgeskiedenis as vak geneem tydens hul studiejare by die St. Andrews-universiteit in Skotland.

* Kyk dié video deur www.guardian.co.uk waarin kunstenaar Nicky Philipps meer vertel van die koninklike portret van prins William en Harry.