Dis 'n ensemble-komedie wat hom afspeel in die wêreld van die Home Shopping afspeel, waar karakters hulle pad in die doolhof van bemarking, die huwelik en die media probeer vind.

"Ek't met die idee vorendag gekom om vir Meryl, Sandy en Oprah te skryf, maar moes eers sekermaak hulle stel belang. Ek't vir elkeen van hulle gevra, en al drie het ja gesê. Om toegang tot hierdie vroue te hê, om vir elkeen die storie te vertel en om te hoor hoe hulle instem, was byna soos reis na die Griekse mitologie waar ek van die een godin na die volgende gaan. Dit het my nederig gemaak. Hulle is al drie baie uniek, en dis 'n uitdaging om vir hierdie drie sterk vroue te skryf. Die werk wat hulle al gedoen het is ongelooflik. Dit gaan ook wonderlik wees om 'n karakter vir Oprah te skep wat nie Oprah is nie," het King gesê.

Hulle beoog om die fliek teen middel na einde volgende jaar op die grootskerm te wys.

Sandra Bullock Oprah Winfrey

Kyk die video!