Prins Charles en George Bush skilder in hul vrye tyd.

Die Prins van Wallis het sy grootste versameling van skilderye nóg beskikbaar gestel en dit is vir almal om te beskou op 'n aanlyn-galery.

Die 130 skilderye deur die 64-jarige prins sluit in landskappe van Skotland, Afrika en Kloster, sy gunsteling ski-oord.

Prins Charles se Sandringham-skildery

Prins Charles se voorstelling van Sandringham Huis wat die Britse koninklikes besit. Kliek hier vir nog van sy skilderye.


Die prins het vroeër die week in ‘n Britse dokumentêr gesê die Britse koninlikes is mal oor hul kuns. “Ek dink om inspirasie uit die natuur te put, om te natuur te observeer, is uiters belangrik. Ek word geïnspireer  slegs om daarna te kyk. Dit is gewoonlik die lig wat my aandag trek. Jy kan na dieselfde plek oor en oor kyk en dan ewe skielik – in ‘n oomblik – is daar die betowerendste lig.”

George Bush se kunsonderwyser het onlangs aan ‘n Amerikaanse televisiekanaal vertel dat dié voormalige president mal oor skilder is.

Volgens haar het hy begin om honde te skilder – blykbaar het hy al meer as 50 honde geverf – maar met haar hulp verf hy nou ook natuurtonele.

George Bush se skilderye

George Bush voor sy skilderye


Nadat dit bekend geword het dat George Bush dit geniet om ‘n kwas vas te hou, het hy in ‘n onderhoud met Dallas Morning News grappig gesê: “Mense is verras [dat ek skilder] ... Natuurlik is mense verras, sommiges is selfs verras dat ek kan lees!”