Geen kaal boude, borste en deurtrekkers word die jaar by dié glansgeleentheid geduld nie. Die Grammy’s, wat die beste in die musiekwêreld jaarliks vereer, het in die verlede al gewaagde uitrustings gesien. Die mees kontroversiële uitrusting is seker Jennifer Lopez se deurskynende Versace groen en blou rok wat tot by haar naeltjie oop was.

Maar dié jaar is die musieksterre vooraf laat weet wat gepas is vir die geleentheid. Dit is gedoen sodat die netwerk wat dit uitsaai nie onverhoeds betrap word met naaktheid wat die ouderdomsbeperking nie dek nie.

Die beleid is dat alle boude en borste bedek moet wees en dat deurtrekker-tipe uitrustings problematies is. Deurskynende klere moet ook vermy word, sowel as “kaal vlees onder die kurwes van die boude”.    

Wie dink julle het nie by dié reëls gehou nie?

Die Grammy's word weer vanaand (Maandag, 11 Februarie) om 19:30 op Vuzu (Dstv-kanaal 116) uitgesaai.