* Dit vat my tussen 45 minute en 'n uur om in die see of in 'n swembad te kom.
* Ek kan Andrew Lloyd Webber se musiek nie verduur nie.
* Ek verkies dit om in derde rat te bestuur.
* Ek sal enigiets doen vir nougat met 'n swart Belgiese sjokolade-lagie
*Ek kan ure lank 'faff' oor die kostuums wat die akteurs dra, maar in my eie klerekas is daar net twee denim-broeke.

Danie se gunstelinge:
FLIEK
The wings of the dove
BOEK Dangerous Liaisons van Pierre Choderlos de Laclos
DRANKIE Enkelmout whiskey of 'n droë rosé
KOS Enigiets wat Annie voorberei het.
WEGBREEKPLEK IN SA Ons agterstoep wat uitkyk op die tuin met sy wilde Stinkhoutboom.
AKTEUR Robert de Niro
AKTRISE Glenn Close
KARAKTER IN 7DE LAAN Moekie