Met die kwik wat dié somer tot verby 40 °C styg, sê 'n mens nie nee vir 'n roomys nie. Maar dié gevriesde vreugde smaak nie net lekker nie, daar's meer:

Lees bietjie hier:

Die eerste roomys het 3 000 jaar gelede in China ontstaan, toe hulle sneeu met vrugte en heuning gemeng het. (Nou ry jy deur 'n drive-thru en tel jou cone binne sekondes op!)

Uit China het dit na Europa versprei, en resepte is uitgeruil. Soveel so dat dit in die koninklike howe van Italië en Frankryk beland het.

Roomys is 'n 11 biljoen-dollar-nywerheid (en dis die enigste kos wat jy gevries eet).

Een van die grootste bestanddele in roomys is lug. Daarsonder sal jy klippe kou.

Een porsie Magnum-roomys bevat minder vet as 'n gemiddelde sjokolade-stafie (en selfs minder as kaaskoek, appeltert of 'n croissant per porsie).

Meer roomys word op 'n Sondag as op enige ander dag van die week verkoop.

Dit neem sowat 50 lekke om 'n enkelskeppie-cone op te eet.

Dis nou maar so! Roomys maak jou gelukkig deur die 'plesier-sones' in die brein te prikkel. (Studie: April 2005 deur Unilever Instituut vir Psigiatrie in Londen.) (Bron: Magnum)

Die vreemdste geure ooit!

Avokado, knoffel, azuki-boontjie, jalapeno en pampoen. (Nodeloos om te sê die verkope was maar power).
Agurkie-gegeurde roomys is op die mark gesit vir swanger vroue wat soms vir vreemde goed lus raak.