Wat ’n inspirasie! Wil jy weet wat die eens "lelikste vrou in die wêreld" mooi laat voel? Lizzie Velasquez het op 17-jarige ouderdom in ’n video aanlyn verneem van haar titel as die wêreld se lelikste vrou en duisende negatiewe kommentare oor haar voorkoms gelees. Maar dié titel het haar daartoe gedryf om ander mense te inspireer.

’n Skaars genetiese toestand, neonatale progeria-sindroom (neonatal progeroid syndrome), is met geboorte by Lizzie gediagnoseer. Dié sindroom gee jou ’n verouderde voorkoms. Dit tas haar gesig, spierweefsel, brein, hart, oë en haar beenmassa aan, berig Daily Mail. Die kondisie laat haar ook nie toe om gewig op te tel nie. Daarom weeg sy op sowat 1,3 m ’n skrale 30 kg, berig Daily Mail.

Hoewel sy haar hele skoolloopbaan lank oor haar voorkoms geboelie is, het sy die video 10 jaar gelede aaklig gevind. "Ek was baie kwaad en het nie geweet hoe ek sou herstel nie. Dit het my jare geneem, maar ek het uiteindelik die moed gehad om my ondervinding in iets goeds te verander", het Lizzie aan Sunrise Live gesê.

Op 27 het sy reeds 3 boeke geskryf en het onlangs haar dokumentêre film, A Brave Heart: The Lizzie Velasquez Story uitgereik. Sy het ook ’n antiboelie-veldtog, I'm with Lizzie: Influencers Against Bullying, begin en het ondersteuning van baie celebs gekry. Bekendes soos Chris Hemsworth, Kristen Bell, Hilary Duff, Eva Mendez en selfs Antonio Banderas ondersteun haar! Kyk die video hier:

  A photo posted by Lizzie Velasquez (@littlelizziev) on

Dié motiveringspreker is ’n inspirasie vir baie. Sy het nie toegelaat dat ander se negatiewe siening oor haar vookoms haar definieer nie. Maar wat laat haar mooi voel? "Jy het jou persoonlikheid, jou waardes en jou drome. Dít is wat jou mooi maak."

Kyk Lizzie se inspirerende Allure-video hier:

Besoek Lizzie se webtuiste of volg haar op Instagram by @littlelizziev om meer oor haar uit te vind.

Bronne: Daily Mail, Allure, Teen VogueDaily Mail

Lees nou

Viola Davis as kind geboelie

TV-vroue bedank – is hulle geboelie?