Pippa Middleton (28), Kate se mooie sus, is 'n partytjiebeplanner van beroep en die ideale een om hierdie baie spesiale viering te reël. Prins Harry (27) sit glo ook 'n handjie by. Volgens gerugte is karaoke en skemerkelkies op die agenda van dié 80's-partytjie, en met dié twee aan die stuur van sake beloof dit om 'n opskop soos min te wees. Moontlik die laaste van dié soort kuieraande vir die toekomstige koningin van Engeland ...

Gaste het reeds "hou die datum oop"-kaartjies ontvang vir die partytjie wat iewers in Londen gehou sal word. Kate het blykbaar ook gevra dat gaste eerder donasies aan liefdadigheid moet skenk as presente koop.

Die koningin beplan om vir Kate 'n tiara uit haar versameling te gee. En haar prins? Volgens berigte is hy op soek na die perfekte horlosie vir daardie fyn pols.