Pippa (Nadia Valvekens) en Conrad (Hykie Berg) wil jou by hul troue op die stel van Binneland hê as ’n gas.

Aanhangers wat in en om Johannesburg woon, kan daar wees wanneer Pippa en Conrad op Woensdag, 29 Februarie 2012, mekaar die ja-woord gee.

Al wat jy moet doen om ’n trou-uitnodiging te ontvang is om ’n foto van jouself in jou gunsteling-trou-uitrusting te neem en dit op Binneland se Facebook-blad te laai.

Die Binneland-produksiespan sal as beoordelaars optree en besluit wie Pippa en Conrad se mooi dag sal bywoon. So laai jou foto’s op, jy het kans tot 16 Januarie 2012 om in te skryf.

Opnames vind die laaste week van Januarie 2012 in Randburg plaas.