Dié platinum-prinses van Afrikaanse musiek wil ná 10 jaar in die bedryf iets teruggee. Met haar nuutste DVD, Juanita du Plessie 10 Jaar Platinum Treffers Live nou te koop, bied sy jou die kans om een van 'n paar groot pryse te wen.

Daar is 30 'geheime' DVD's op die rakke in musiekwinkels landwyd geplaas. As jy 'n wenner is, sal jy onmiddellik 'n kontaknommer op jou skerm sien wanneer jy die DVD speel.

Juanita gaan ná afloop van die kompetisie 'n konsert hou waar al 30 gelukkige wenners teenwoordig sal wees. 'n Gelukkige trekking sal bepaal wie ry huis toe met 'n splinternuwe Ford Fiesta. Ander pryse sluit in bootreise, kontantpryse, 'n ontwerpersrok van Roedolf D' Couture en gasbraaiers.

Kompetisiereëls beskikbaar by www.maroelamusiek.co.za of www.juanita.co.za