Verbeel jou jy sit op ’n stoep, jou eie blinkblou verhitte swembad aan jou voete, ’n drankie in die hand en die sielsalige geure en geluide van die Bosveld om jou.

Of skemeroggend in die Kapama Private Wildreservaat gaan jy uit op ’n wildrit, met sowat 350 voëlsoorte en meer as 40 dierspesies, waaronder die Groot Vyf, te sien.

Op die laatmiddag-wildrit word gestop om die pragtige sonsondergang in te neem terwyl jy boetiekbier of -jenewer saam met verversings soos garnale, biltong en ’n kaasbord geniet.

Kapama
Katryn Kruger by die private wildsplaas Kapama waar 'n ongelooflike ondervinding vir die wenner wag. FOTO Katinka Bester

Terug by die lodge is aandete ’n gastronomiese bederf met ’n vyfgangete wat met uitsoekwyne voorgesit word, asook die sjef se befaamde gedekonstrueerde sushi.

Al drie maaltye kan in die restaurant-area geniet word of in die area langs die gemeenskaplike swembad, met aandete wat ook in die boma onder die sterre geëet kan word as die weer dit toelaat.

Karula het ook ’n bekroonde spa met vier luukse behandelingskamers en ’n stoomkamer, terwyl die meer energiekes die moderne fiksheidsentrum kan benut.

Dié kompetisie is moontlik gemaak deur Kapama Game Reserve. Klik hier om die webtuiste te besoek. 

SARIE het onlangs vir die model Katryn Kruger afgeneem teen Kapama se ongereptheid. Loer hier na die artikel.

FOTO Verskaf / Kapama Karula Lodge
FOTO Verskaf / Kapama Karula Lodge
Katryn Kruger is vir SARIE se Januarie-uitgawe by
Katryn Kruger is vir SARIE se Januarie-uitgawe by Kapama afgeneem FOTO Katinka Bester

WEN met SARIE se Kapama-kompetisie

PRYS:

  • Verblyf van 2 aande vir 2 mense in die Kapama Karula Lodge
  • Alle etes, wat ’n high tea insluit
  • Alle drankies
  • Twee wildritte per dag
  • Vervoer vanaf die Hoedspruit-lughawe na Karula en terug

UITGESLUIT:

  • Bewaringsheffing van R140 per persoon per nag

KOMPETISIEVRAAG:

Wat is die naam van die lodge in die Kapama Private Wildreservaat waar die wenners sal bly?

SMS EN NEEM DEEL:

SMS KAPAMA, gevolg deur die antwoord op die vraag (geen leestekens), jou naam, van, kontaknommer en e-posadres na die nommer 35409. (’n Tarief van R1,50 per SMS geld)

SLUITINGSDATUM:

31 JANUARIE 2020

Die Karula-spa FOTO Katinka Bester
Die Karula-spa FOTO Katinka Bester
FOTO Verskaf / Kapama Karula Lodge
FOTO Verskaf / Kapama Karula Lodge

WEDSTRYDREËLS:

1. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen gesprek of korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

2. Wenners sal telefonies verwittig word en sy/haar naam sal in ’n latere stadium op die webtuiste SARIE.com verskyn.

3. ’n Prys is nie vir kontant omruilbaar nie en kan nie oorgedra word nie.

4. SARIE bied hierdie wedstryd namens die Kapama Private Wildreservaat as ’n diens vir haar lesers aan. Die Kapama Private Wildreservaat voorsien en is verantwoordelik vir die prys. SARIE aanvaar geen verpligting hoegenaamd t.o.v. die ontvangs van die prys of gestanddoening van die voordele daaraan verbonde nie.

5. Werknemers en hul gesinne van Media24 (SARIE se moedermaatskappy), die Kapama Private Wildreservaat en hul reklamemaatskappye mag nie aan wedstryde deelneem nie.

6. Media24 en die Kapama Private Wildreservaat word gevrywaar teen alle eise en/of laste wat ’n wenner kan hê weens skade/beserings vanweë sy/haar deelname aan ’n wedstryd of benutting van ’n prys.

7. Die prys kan nie in piekseisoen – 19 Desember 2020 tot 6 Januarie 2021 – benut word nie.

8. Wenners moet op hul eie koste by die Hoedspruit-lughawe kom. Vervoer vanaf die lughawe na Kapama Karula en terug is ingesluit.

9. Die bewaringsheffing van R140 per persoon per nag is nie by die prys ingesluit nie.