Lees DEEL 1 hier

Pasop hiervoor!

Diabetes (tipe 1 en 2) is ’n chroniese, lewenslange toestand wat versigtig gemonitor en beheer moet word. Daar is nie iets soos ’n ‘‘ligte’’ vorm nie. As dit onbehandel bly of nie goed beheer word nie, kan dit verskeie organe, fyn senuwees en klein en groot bloedvate beskadig. Dit vergroot bv. jou kanse op ’n hartaanval of beroerte.

Jy kan ook blind word, nierver- saking kry, of ’n ledemaat verloor. Jou kans om depressief te wees is boonop twee keer so groot as ’n nie-diabeet s’n. (Navorsing wys die langtermyn- skade aan jou lyf, veral jou hart en bloedvatstelsel, begin dalk reeds in die pre-diabetes-fase, berig health24.com.)

Jy kan wel jou risiko vir skade drasties verminder deur jou bloedsuikervlakke so normaal moontlik te hou.

Medikasie

By tipe 1-diabete is insulien die goue standaard van behandeling. Jy kry verskeie vorme: Die Amerikaners eksperimenteer selfs met ’n neussproei. En baie kinders gebruik ’n pompie. Dis variasies op dieselfde tema, se^ prof. Van der Merwe.

Die meeste tipe 2-diabete hoef nie insulien te gebruik nie. Jou dokter kan jou medikasie gee wat jou liggaam meer sensitief daarvoor maak, of help om meer daarvan te vervaardig. As dit nie die gewenste uitwerking het nie, word dit met insulien gekombineer.

Maar die medikasie (insulien of pille) laat jou gewig aansit. Dit ‘‘vee’’ die oortollige suiker in jou bloed op en stoor dit elders. In 90% van gevalle in die vetweefsel, maar ook in die lewer en spiere.

Dilemma

Jy is reeds oorgewig en die medikasie kan jou gemiddeld 10 – 15 kg laat aansit. Dus ’n bose kringloop, want oorgewig is dan juis ’n sneller vir diabetes. Navorsing fokus daarom nou op medikasie wat jou gewig stabiel hou, of jou selfs gewig laat verloor, se^ prof. Van der Merwe.

Ofskoon sulke medikasie in Suid- Afrika beskikbaar is, het ’n herrie in Amerika daarom losgebars. Navorsing suggereer dit kan dalk jou risiko vir kanker van die pankreas verhoog. Daar is ook verskeie hofsake teen die farmaseutiese maatskappy oor moontlike newe-effekte, soos pynlike inflammasie van die pankreas. (Bron: The New York Times.)

Prof. Van der Merwe se^ dis baie duur en mediese fondse betaal nie daarvoor nie. Die gewigsvoordeel is ook klein, 2 – 4 kg oor 6 maande.

011113SRM188.pdf

Leefstyl-aanpassings

Die hoeksteen van die beheer van tipe 2-diabetes is leefstyl-aanpassings. Feit is, as jy en jou buurman albei oorgewig is, maar jy oefen, is jou kanse baie kleiner om diabetes 2 te kry, se^ dr. Segal. Jou spiere is een van jou beste bondgenote, beaam die tydskrif Time. As jy hulle gereeld gebruik, soos loop of dans, word meer suiker uit die bloedstroom onttrek. Insulien se doeltreffendheid verbeter boonop. Oefening help jou ook gewig verloor. En dit verminder stres. Al loop jy net elke dag 20 minute, verminder dit reeds jou risiko.

10 RESEPTE vir diabete

sk0609diabetes06_200w Sjokolade vierkante

Volgens Mariza van Zyl, geregistreerde dieetkundige van die Paarl, is daar nie iets soos ’n diabetiese dieet nie, jy moet maar net gesond eet. Let veral op na verfynde kosse soos kits-ontbytgraan, witrys, witmeel, pasta en kraakbeskuitjies. Lekkernye soos koeldrank en tjips is ook bronne van baie koolhidrate – selfs klein porsies.

Húlle het almal diabetes - bekendes

Kan jy diabetes omkeer as jy dit reeds het?

Ja, se^ dr. Segal, veral in die eerste paar jaar. As jy baie gewig verloor en begin oefen, kan jy genees word. Of minstens lank in remissie wees. Wanneer vet- sugtiges gastriese omleidingsoperasies kry om gewig te verloor, gaan hul diabetes in 90% van gevalle in re- missie. As jy egter ’n lang tyd op ’n hoe¨ dosis insulien is, is daar te min beta- selle oor om die proses om te keer. Prof. Van der Merwe beaam leefstyl-aanpassings is baie belangrik. Maar bitter min mense, diabeet of andersins, kan net mooi altyd ’n perfekte leefstyl volg. Vetsug is boonop op sigself ’n komplekse probleem met geen kitsoplossing nie. Om gewigsverlies en leefstyl as lat te gebruik om die tipe 2-diabeet te klits en vol selfverwyt te maak, help niemand nie.

Prof. Van der Merwe 011 304 7820 www.sasomonline.co.za Loer na Mariza van Zyl se webblad by www.bettereat.net