Supermodel Naomi Campbell het die tas met sy goudkleurige knippe en die Louis Vuitton-logo Dinsdag in Parys, Frankryk, bekendgestel.

FIFA het in Maart vanjaar 'n bestelling by dié luukse handsak- en modehuis geplaas vir 'n unieke reistas vir 2010, en Louis Vuitton het reeds 'n kontrak gesluit vir soortgelyke elegansie vir die 2014-Wêreldbeker.

Die 18 karaat goue Wêreldbeker van 5 kg is sedert die begin van die sokkertoernooi in 1930 om die wêreld in 'n metaaltas vervoer, hoofsaaklik om veiligheidsredes.

Al die wen-lande kry 'n replika van die gesogte trofee. Die oorspronklike een bly die eiendom van FIFA.

Kyk na 'n galery van die eksklusiewe tas