Ja, jy het reg gelees! Danksy Jack Daniel's kan jy nou whiskey vir ontbyt geniet. Die internasionale handelsnaam maak nou boeretroos wat gegeur is met die bekende smaak van hierdie Amerikaanse whiskey uit Tennessee. Maar wees gerus: Jy sal steeds nugter opdaag by die werk.

Die koffie bevat geen alkohol nie. Nee, met ’n spesiale proses wat die distilleerdery saam met ’n bekende koffiehuis ontwikkel het, word suiwer arabica-bone voor die roosterproses eers gegeur met die kenmerkende smake van whiskey.

FOTO www.jackdanielscoffee.com FOTO www.jackdanielscoffee.com

Daarna word die groen bone soos tradisionele koffiebone gerooster. Gedurende die proses kom geure soos karamel en ander whiskey-geure na vore wat die koffie sy unieke Jack Daniel's-smaak gee.

Die reeks sluit ook ’n kafeïenvrye koffie in – so daar is iets vir elke smaak. Op die oomblik kan jy die koffie net aanlyn bestel by Jack Daniel's.

FOTO www.jackdanielscoffee.com FOTO www.jackdanielscoffee.com

Maar dis natuurlik niks nuuts om koffie met alkohol te meng nie. Hier in Suid-Afrika ken ons mos ons polisiekoffie om die kampvuur: goeie boeretroos bedien met ’n skeut brandewyn!

Lus vir kook met koffie? Hier is ’n hele koffie-spyskaart wat Herman gekook het op Inspirasiekos met SARIE (VIA, DStv-kanaal 147). Klik hier