Amal Alamuddin (36), wat in Oktober met George (52) begin uitgaan het, is ’n prokureur in Londen. Die Britse koerant The Independant het dié feite oor die toekomstige Mevrou Clooney gedeel.

Die paartjie se verlowing is Maandag bevestig

  • Sy spesialiseer in menseregte
  • Sy het al opsraakwekkende mense verteenwoordig, soos Julian Assange, wat Wikileaks begin het, en Oekraïne se Eerste Minister Ylia Tymoshenko.
  • Sy was boonop een van Kofi Annan - voormalige sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies - se raadgewers.
  • Amal is oorspronklik van Lebanon waar sy in Beirut gebore is.
  • Sy praat drie tale: Engels, Frans en Arabies.
  • Sy het by die Universiteit van Oxford studeer.
  • Amal woon in Londen, maar haar familie is in Dubai.

Byna R 8 miljoen vir haar ring

Sowat R 7,8 miljoen. Dit is hoeveel geld sy verloofde Amal Alamuddin se verloofring die Hollywood-ster George Clooney blykbaar gekos het! Só lyk haar ring

Volgens E! Online sê die juwelier Jean Dousett dat Amal se ring omtrent $ 750 000 werd is. Amal se ring bevat ’n smaragsnit-diamant van 7 karaat, geset in platinum. George het boonop gehelp om dié ring te ontwerp, skryf die tydskrif People.

Watter een van dié verloofringe is jou gunsteling?

Dit lyk of George, wat nog net een keer vantevore getroud was, na talle verhoudings met mooi meisies uiteindelik sy pasmaat gekry het. En hy wys dit vir haar met dié kosbare, maar duur ring.

BRONNE: The Independant, E! Online & People