Hulle is een van die stylvolste celeb-paartjies, en albei het al toekennings gewen vir hul klerestyl. Maar volgens ’n peiling wat onlangs deur InStyle gedoen is, is David Beckham stylvoller as sy vrou.

Volgens dié opname, waarin die publiek moes stem vir die 10 stylvolste Britte nog, beklee David en Victoria onderskeidelik die derde en negende posisie.

Tog moet die 39-jarige voormalige sokkerspeler die voormalige Spice Girl vir sy posisie onder die top-5 bedank: "Sy gee my raad, want haar visie van mode is fantasties en haar mode-besigheid doen baie goed. Ek luister 99% van die tyd na haar," het David verklap.

"Sy is baie eerlik en as sy nie hou van wat ek dra nie, sê sy dit," het hy bygevoeg.

Volledige lys van 10 stylvolste Britte nog:

  1. Audrey Hepburn
  2. Diana, prinses van Wallis
  3. David Beckham
  4. Kate, hertogin van Cambridge
  5. Twiggy
  6. Koningin Elizabeth I
  7. Sean Connery
  8. David Bowie
  9. Victoria Beckham
  10. Kate Moss

Plaaslike modieuse paartjies

Heinz en Aletté Winckler FOTO: Twitter  @heinzwinckler Heinz en Aletté Winckler FOTO: Twitter @heinzwinckler

FOTO: Phyllis Green Anel en James Alexander

Lee-Ann Liebenberg en Nicky van der Walt FOTO: Instagram  leeann_liebenberg Nicky van der Walt en Lee-Ann Liebenberg FOTO: Instagram leeann_liebenberg

Bron: InStyle

Lees ook