Kinders van oor die hele land moes vandag terug skool toe. Angelique Gerber, Amor Vittone, John Smit, Milan Murray, Lee-Ann Liebenberg en Bouwer Bosch is onder die bekendes wat vandag oor dié geleentheid praat.

Angelique het vanoggend dié foto van haarself in graad een gedeel. Sy het bygevoeg sy kan nie kan glo hoe klein sy was nie. Kyk net hoe kostelik is die TV-aanbieder en aktrise met haar twee poniesterte op haar eerste skooldag. Op dié ouderdom was haar gunsteling-geskenke ongetwyfeld Barbie-poppe.

Amor en Lee-Ann se kinders is vandag terug skool toe. Lee-Ann se klein Gia moes boonop die dag by ’n nuwe skool begin. Lee-Ann het dié boodskap op Twitter gedeel.

Terwyl Amor op Facebook foto's gedeel het van klein Jordan en Kylie wat dié jaar met onderskeidelik graad drie en graad twee begin, het sy sommer ook al die ander kinders wat skool toe gaan sterkte toegewens. Amor het ook foto's van die kleingoed by hul nuwe juffrouens gedeel. Hou jy van Amor se nuwe styl?

Kylie en Jordan begin vandag graad twee en graad drie. FOTO: Facebook Kylie en Jordan begin vandag graad twee en graad drie. FOTO: Facebook

John Smit se seun en aktrise Milan Murray se seun is albei vandag vir die eerste keer skool toe. John het ’n foto van die jong meneer in ’n groot hoed getwiet. Hy het bygevoeg dat die enigste probleem op dié groot dag was om vir die eerste keer in ses maande skoene aan die graadeentjie se voete te kry. Milan speel dié jaar in Die Byl, ’n nuwe KykNET-reeks oor Piet Byleveld.

Ook Bobby en Karlien van Jaarsveld se kleinsus, Cara Brink, moes vandag weer skoolklere aantrek. Cara se ma, Ronel, het gister op Twitter gevra of die skole vandag begin nadat sy graadeens in skoolklere sien loop het. ’n Rukkie later het sy mense vir hul hulp bedank en ’n grappie gemaak dat sy gewonder het of Cara haar ’n rat voor die oë gedraai het.

Karlien se kleintjies is hier

Die akteur en sanger van Straatligkinders, Bouwer Bosch, het ook oor die groot dag getwiet - hy deel skoolwenke met graadeens (en hul ouers).

Bouwer Bosch sê hy is baie gespanne vir sy eerste dag by die skool... FOTO: Twitter Bouwer Bosch sê hy is baie gespanne vir sy eerste dag by die skool... FOTO: Twitter

Bouwer, wat ook ’n foto van homself in skoolklere getwiet het, herinner graadeens onder meer daaraan dat die boelie eendag vir jou gaan werk en dat die moeilikste deel van skool is om ’n meisie uit te vra. Lees hier van Bouwer se droomvakansie!

Hier is van sy wenke