Reeva het vroeg Donderdagoggend by die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius se huis in Johannesburg aan skietwonde beswyk.

Sarit Tomlinson, Reeva se PR-agent het aan Sky News gesê: “Sy was ’n vriendelike meisie. Hulle was ’n paartjie vir die afgelope paar maande en dit was ’n fantastiese, gesonde verhouding. Sy was ’n opkomende ster. Daar was soveel beplan vir haar. Sy was aan die grens om te ontplof in die media. Sy was ’n baie talentvolle slim jong meisie.”

Reeva is in Kaapstad gebore, maar het in Port Elizabeth grootgeword. Sy het ses jaar gelede Johannesburg toe getrek, berig Destiny Man. Sy het in die regte studeer en was bekend as ’n FHM-voorbladmeisie. Sy was ook die eerste gesig van Avon.

Reeva het in die werklikheidsreeks Tropika Island of Treasure Show (Season 5) gespeel. Die eerste episode word Saterdag op SABC 1 uitgesaai, berig MediaSlut. Hieronder is die lokprent vir die nuwe reeks waarin Reeva ook verskyn:

Sy was ’n regstreekse televisie-aanbieder vir die FashionTV-kanaal in Suid-Afrika. Sy was ook besig met verskeie televisierolle. Sy het al gewerk vir groot maatskappye soos Toyota, FHM, Clover en die Italiaanse handelsmerk Zui.

Reeva se familie is bekende perde-afrigters in Suid-Afrika.