Wanneer die bobene dril en die sweet oor die rooi wange stroom, is die laaste ding waaraan jy dink sexy. Maar die nuwe advertensieveldtog This Girl Can van England Sport moedig jou aan om jou nie te bekommer oor hoe jy lyk terwyl jy oefen nie, maar om onbeskaamd te laat waai!

FOTO:  thisgirlcan.co.uk FOTO: thisgirlcan.co.uk

England Sport is ’n organisasie wat oefening onder Britte so alledaags soos TV-kyk wil maak. En met dié veldtog is die "ek-lyk-lelik-terwyl-ek-oefen"-verskoning ook iets van die verlede.

Hul boodskap? Sweet soos ’n vark én voel verleidelik - ongeag wat jy vrees die mense gaan sê. Word net aktief!

FOTO:  thisgirlcan.co.uk FOTO: thisgirlcan.co.uk Wat dink jy? Sal hierdie video jou ook motiveer om aan die oefen te kom? Die This Girl Can-veldtog het reeds talle reaksie op sosiale media uitgelok. Hier is ’n paar twiets van vroue wat hierdeur geïnspireer is.