Sangsensasie Willem Botha is die nuwe ambassadeur vir die gesogte handelsmerk Carrera Eyewear, asook die SA onderklere-reeks Bone Wear. Eden se Jay en die sanger, akteur en Survivor-deelnemer Izak Davel is ook ambassadeurs vir Bone Wear.

Dié 23-jarige het die musiekbedryf met mening betree toe hy as 18-jarige in 2006 Die Burger Plusster geword het. Dieselfde jaar is hy as naaswenner in kykNET se Afrikaanse Idols-reeks gekroon en in 2007 is hy as Beste Nuweling by Huisgenoot se Tempo-toekennings aangewys.

Sy nuutste album, Sê my nou, is vanjaar vir 'n Sama in die afdeling Beste Sokkie-dansalbum benoem. Hy het ook onlangs sy eerste internasionale toekenning gewen by die EuroStar Awards, wat deur Eurovision aangebied is. Voorts speel hy in die SA musiekblyspel Liefling met Bobby van Jaarsveld in die hoofrol. Dié fliek begin in September draai.

Sexy, nè!