Dis vir baie nog ’n skok. Gister op Stellenbosch het die Afrikaanse veteraan-aktrise Marga van Rooy haar stryd teen kanker verloor. Sy was 75 jaar oud, berig Netwerk24.

"Ek gaan haar mis," het die Afrikaanse akteur en regisseur Willie Esterhuizen aan SARIE.com gesê. "Ek was vreeslik lief vir haar. Al het sy my altyd ’n paar klappe gegee."

In die TV-komediereekse Vetkoekpaleis en Molly & Wors, uit die pen van Willie, het Marga ons laat skater as Worsie se ma, Ella Visagie.

"Sy het ’n ongelooflike talent gehad en kon komedie natuurlik bemeester. Marga het ’n comedy seriousness gehad. Jy kon net vir haar kyk en begin lag."

Willie sê sy was altyd professioneel en het seker gemaak sy ken haar woorde.

"Ek het nog met haar gewerk in haar 70's en sy het altyd haar woorde geken. Marga wou nooit iemand teleurstel nie. Dis werklik ’n groot verlies."

Kyk ’n uittreksel uit Vetkoekpaleis:

Willie sal haar onthou as iemand wat plat op die aarde was.

"Sy was ongelooflik nederig. En het enige vorm van skynheiligheid verpes."

Verlede jaar tydens kykNET se Silwerskermfees het Marga in die kortfilm Onthou gespeel. Sy is as beste aktrise in ’n kortfilm benoem vir haar rol.

SARIE.com het tydens die fees vlugtig met Marga gesels voor die film begin draai het.

"Om net te kan speel en stories te vertel bring hierdie ou vrou groot vreugde," het sy toe laggend aan ons gesê.

Rus sag, liewe Marga.

Op dieselfde dag is nóg ’n reus, die jazz-musikant Thandi Klaasen, in die ouderdom van 86 oorlede. Die talentvolle Thandi was die ontslape oud-president Nelson Mandela se gunsteling-sangeres, berig Channel 24. Sy het ook haar stryd teen kanker verloor.

 Hier gesels Thandi se dogter, Lorraine, ook ’n musikant, oor haar ma: Lees nou

Baba se laaste oomblikke vasgevang saam met tweelingsussie

Iman se roerende huldeblyk aan David Bowie