Ná die Amerikaanse klerewinkel American Eagle besluit het om nie hul modelle maerder te photoshop nie, het hul winste gestyg, berig Quartz. Die winkel het besluit om nie meer die modelle in advertensies vir hul onderklere-reeks Aerie maerder te maak nie. En al het die winkel die afgelope jaar verliese getoon, het hul onderklere-reeks se winste gestyg. Jenny Altman van Aerie het in Januarie aan ABC News vertel dat hulle "alles wil wys" - wat geboortemerke en tatoeëermerke insluit. Sy het gesê:

Hulle is steeds modelle, hulle is steeds pragtig, hulle lyk net bietjie meer na die res van ons ... Ons wil graag die norm breek ... Ons hoop as ons dít begin, sal regte meisies hul eie skoonheid begin aanvaar.

It's never too early to make a Holiday wishlist...right? We'd like a new cardigan & bralette, please!

Een foto die is geplaatst door aerie (@aerie) op

From basics to bold styles, shop bras $20 + up! #AerieREAL Une photo publiée par aerie (@aerie) le

The Independent sê hoewel Aerie se winste nie noodwendig direk te make het met hul nuwe strategie nie, wys dit dat 'n onrealistiese beeld van vroue nie nodig is om klere te verkoop nie.

Ander klerewinkels het ook al besluit om nie meer hul modelle maerder te photoshop nie, soos die Britse winkel Debenhams. Hulle het ook foto's vrygestel van hoe die modelle sou lyk as hulle wel ge-photoshop is.

denemb

Lees meer hieroor op The Independent se webtuiste.

Bron: Quartz en The Independent