Haar babamagie het by die dag gegroei, en nou's dit amptelik. Zoe Saldana se woordvoerder het die goeie nuus met The Hollywood Reporter gedeel, berig Harper's Bazaar.

Aktrise Zoe Saldana (36) en haar man, Marco Perego (35), het vir 3 maande die nuus stil gehou, maar ná sy in 'n stywe rokkie op Instagram verskyn het, was die aap soort van uit die mou. Sy en Perego beplan glo 'n groot familie.

Die swangerskapnuus tref die wêreld saam met die gerugte dat Zoe se ekskêrel Bradley Cooper op trou staan met Suki Waterhouse, sy meisie van 18 maande. Hulle is glo albei met verloofringe gekiek in London, berig Dailymail.

Volgens Saldana se woordvoerder sal sy die swangerskapnuus self amptelik breek wanneer sy “reg is”.

Die foto van Zoe is op 21 Julie vanjaar by die première van Guardians of the Galaxy in Los Angeles geneem.

Lees die volledige artikel hier

Marvel's "Guardians Of The Galaxy" - Los Angeles Premiere - Arrivals Zoe Saldana (FOTO: Gallo Images/Getty Images)