Eers was dit die manne in Groen-en-goud wat ons trots gemaak het toe hulle op 2 November die Rugbywêreldbeker in Japan verower het. En nou is die beeldskone Mej. Suid-Afrika, Zozibini Tunzi, as die nuwe Mej. Heelal gekroon!

View this post on Instagram

Miss Universe 2019 is SOUTH AFRICA ???? Text the newly crowned #MissUniverse2019 @zozitunzi to congratulate her +1 (917) 905-9305

A post shared by Miss Universe (@missuniverse) on

Zozibini is die derde Suid-Afrikaanse skoonheid wat dié kroon verower het - eers was dit Margaret Gardiner (1978) en toe Demi-Leigh Nel-Peters (2017).

SARIE.com het weke voor die kompetisie met Zozibini gesels.

ATLANTA, GEORGIA - DECEMBER 08: (EDITORIAL USE ONL
FOTO Getty Images / Gallo Images

Met haar kort hare wil Zozibini nou uitgediende sienings van skoonheid afbreek en herbou. “Vir my is skoonheid eerder ’n vrou met selfvertroue, ’n intelligente vrou, ’n leier. Dis nie hoe ek lyk nie, maar wie ek in geheel is.” Lees die volledige onderhoud hier.

In SARIE se Januarie 2020-uitgawe, vanaf 17 Desember op die rak, gesels ons met ons nuwe Mej. Heelal - moenie dit misloop nie!

Mej. Heelal 2019 in oomblikke

Die oomblik toe sy haar 10/10-antwoord gee.

Die oomblik toe Zozibini as een van die Top-3 aangewys is.