Dit is waarvoor GWK bekend is. Elke dag kry ons met boere te doen, inspireer hulle ons en werk ons om hulle te ondersteun sodat elke Suid-Afrikaner kos op sy of haar bord kan hê. By GWK is ons op ‘n reis met hierdie storie en ons wil almal saamneem op dié reis.

Ons mense voed mense. Besoek ons webwerf vir meer inligting.

Frank bou ‘n ruimtetuig

In 2015 het die wêreld vir Frank ontmoet. Die boer wat ruimtetuie bou, want sonder hom sal die wêreld, soos wetenskaplikes en ingenieurs, nie die breinkos hê om die samelewing vorentoe te neem nie. Ons animasie-fi lm is bekroon met een Loerie- en drie Pendoring-toekennings – ‘n eerste vir die landboubedryf.

‘n Bietjie hoop

In ‘n tyd waarin ons land se boere swaargekry het weens droogte, politiek en die ekonomie, wou ons hê hulle moes wéét dat ons raaksien wat hulle doen en wat hulle vir ons land beteken. Bietjie Hoop is uitgereik – ‘n liedjie wat ons vir Die Heuwels Fantasties gevra het om te skryf om ons boodskap aan landbouers oor te dra.

Ons boere, ons inspirasie

Omdat ons boere kén, weet ons dat hulle nie heeldag net kakie dra en vol stof is nie. In ‘n glans-insetsel in Sarie het Suid-Afrikaanse boere gewys hoe hulle lyk wanneer hulle nié op die plaas is nie – dat hulle stylvolle, inspirerende besigheidsmense is.

Loer hier na die Ons Boere, Ons Inspirasie-projek

Ou MacDonald het ‘n plaas

Ou MacDonald, Frank se pa, het vanjaar sy verskyning gemaak in ons opvolg-advertensie. Dié animasie-fi lm vertel waar Frank se passie vir landbou vandaan kom en hoe boere tegnologie gebruik om seker te maak dat hulle in die groeiende vraag na voedsel kan voorsien. Nóg ‘n landboustorie wat harte regoor die land aanraak.

Besoek GWK se webwerf en kuier saam op Facebook, Twitter en Instagram