Op die 10 Oktober 2010 gaan 10 van SA se top-divas saam op die verhoog wees. Vir die heel eerste keer in SA 'n 10 Divas 10 10 10-konsert op die 10de van die 10de maand 2010.

Onder die sangeresse op die stel is Nádine, Elizma Theron, Lianie May, Helene Bester, Sorina Erasmus (die Flooze), Mandi, Amanda Luyt en Amor Vittone. Saam met hulle op die verhoog is Brümilda van Rensburg en Lise Swart.

Die konsert vind plaas by Carnival City by die Big Top Arena en jy kan jou kaartjies by Computicket bespreek.