Was "Hokaai stoppie Lorrie" jou eerste treffer?
Ja, dit was die titelsnit van my debuut-album.

Sjoe! Het dit verkoop?
Die CD het goud gehaal. En my jongste CD, Breek die ys, het dubbelplatinum verkoop.

Hoekom doen dit so goed?
As dit nie vir Select Musiek was nie, was ons nie nou waar ons is met die Ray Dylan-konsep nie. Kosie en Ernst, wat Select Musiek besit, beteken vir my ongelooflik baie. En dan natuurlik, wat jy saai sal jy maai.

Nou wat is daai Ray Dylan-konsep?
Ek kombineer rock- en countrymusiek. Vandat Afrikaanse musiek in die laat 90's 'n ommekeer begin maak
het met ouens soos Theuns Jordaan, Dozi, en Steve natuurlik, was daar nog nie só 'n kombinasie nie.

Sê nou maar daar was 'n ander kunstenaar wat jou soort musiek gemaak het, sou jý dit gekoop het?
Beslis. Ek moet bysê: Ek sit baie van my eie lewenservaringe en wat met my gebeur in my musiek.

"Hokaai stoppie Lorrie"?
Ek was in 'n motorongeluk.

Gaan jy dit sê? Wat het gebeur?
Dit was kwart voor vyf in die oggend. Ek het my bakkie drie keer gerol. Moenie drink and drive nie!

Huisgenoot skouspel verlede jaar was 'n groot stap vir jou?
'n Ongelooflike ervaring. Jy tree voor 5 000, 6 000 mense op. Ek is nie seker hoeveel nie, maar dis in die Superbowl.