Eloïse se 6 wenke vir goeie tydsbestuur

  • Besluit vanaand al wat jy môre gaan aantrek - dit spaar baie tyd.

  • Ek begin die dag in die gim, dan is dié minder-lekker uitdaging afgehandel. Só bly sy gesond.

  • My wekker lui minstens 30 minute voordat ek opstaan, want dis ’n stryd om uit die bed te klim. Dan kan ek snooze sonder om laat te wees.

  • Maak voor slapenstyd al ’n to-do-lysie van jou afsprake se tye die volgende dag. Wanneer dit reeds in jou gedagtes is, besef jy gouer die dringendheid van opstaan.

  • As ek iets op my lysie mis, vergewe ek myself. Ek is tog net mens. Dan stel ek dit uit na die volgende week of, as dit dringend is, die volgende dag.

  • Hou nice to have-aktiwiteite (daardie goed wat lekker is, maar nie noodwendig noodsaaklik nie) vir wanneer jy tyd het. Maar maak tog ook tyd daarvoor - dit voed jou siel.

En tydsbestuur is vir Eloïse belangrik, want kyk net waarmee is sy als besig!

Nuut op Ontbytsake

Eloïse het onlangs by kykNET se Ontbytsake aangesluit en het van dag een af dadelik by dié oggendspan ingepas. "Dis verfrissend om hier te werk, want hoewel ek steeds binne ’n struktuur werk, is dit ook baie vry."

By Ontbytsake se Seline van der Wat en Jan Harm Schutte FOTO: Twitter (@janharmschutte) By Ontbytsake se Seline van der Wat en Jan Harm Schutte
FOTO: Twitter (@janharmschutte)

Eerste album

Sy is tans besig om haar eerste solo-album klaar te maak waarvan sy al die liedjies self geskryf het. "Dit vertel stories oor my lewe - dis stukkies van my."

Sy vertel Stef Bos en Coenie de Villiers se musiek het haar beïnvloed. "Maar ek is nie op hul vlak nie." Sy is ontsettend lief vir musiek en het altyd daarvan gedroom om haar eie CD op te neem. "Musiek roer my..."

Eloïse en die sanger Stef Bos, een van haar rolmodelle FOTO: Twitter (@EloiseCupido) Eloïse en die sanger Stef Bos, een van haar rolmodelle
FOTO: Twitter (@EloiseCupido)

"Soos ek ouer word, besef ek dat ek nie eendag wil sterf met my musiek binne my nie. Ek is verantwoordelik vir my eie drome, dis nie iemand anders se werk om dit te bewaarheid nie."

Sy het haar sangtalent onlangs in Willie Venter se musiekproduksie Moments ten toon gestel saam met onder andere Sonja Herholdt en haar seun Simeon. "Ek het baie respek vir Sonja se werksetiek, klas en integriteit. Haar hart is diep gewortel."

Sonja Herholdt in Binnelanders

Iets vir haarself

Sy beplan in Augustus ’n vakansie in New York, Amerika. "Ek doen dié net vir myself," sê Eloïse, wat veral opgewonde is om te loop waar die sterre in TV-reekse soos Sex and the City-faam geloop het. "Ek verkoop omtrent ’n halwe nier om te gaan," spot sy, "maar dis beslis die moeite werd."

Ses wenke om makliker uit die bed te kom

Wat is jou top-wenk om by alles in jou besige lewe uit te kom? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!