Daardie een keer, jare terug, was sy laat vir 'n vlug. Nelson Mandela het agter sy koerant vir haar gewag.Toe sy uiteindelik op die vliegtuig klim, het hy - sonder om op te kyk - vir haar gesê: "Dit was die laaste keer dat jy laat was."

"En dit wás die laaste keer," sê Zelda la Grange.

Nou is dit presies 12:00 en sy kom stiptelik by die restaurant in Melrose Arch, Johannesburg, ingestap. Zelda is al vir jare ons gewese staatshoof se regterhand en hulle het 'n noue band. Sy erken dís hoekom sy nog die werk doen: Want dis meer as net 'n werk. Daar is 'n emosionele verbintenis ook.

Sy noem hom Khulu, wat Oupa beteken, en hy noem haar Zeldina.

"Dit het begin nadat ek saam met hom op 'n staatsbesoek aan Rusland was. Die Russe sit 'n '-ina' agteraan vrouevanne en vandaar het my naam sommer ook 'n vrouebyvoegsel gekry."

Saam met Madiba het sy die wêreld vol gereis. Noem die name en sy het hulle ontmoet: Bono, Bill Clinton, Morgan Freeman, die renjaer Lewis Hamilton, Nicole Scherzinger van The Pussycat Dolls . . . Daarmee saam kom celebritywees, iets waarvan sy nie noodwendig hou nie.

"Mense verwag van jou om op 'n sekere manier op te tree en dis 90% van die tyd nie hoe ek wíl optree nie. Bloot omdat ek lank gedurig saam met Madiba in 'n werksverband gesien is en mense my naam ná 15 jaar ken, beteken nie my posisie is belangriker as enige van my kollegas s'n nie. Ek het nie 'n Olimpiese medalje gewen of om Afrika gestap of 'n Oscar-toekenning verower nie. My bekendheid is bloot vanweë assosiasie, maar my lewe is een van eenvoud en nederigheid en ek verkies dit so."

Zelda word al só met Nelson Mandela geassosieer dat die eerste ding wat mense haar vra, dikwels is: "Hoe gaan dit met Madiba?" Maar as sy soggens met haar twee Bostonterriërs gaan stap, wens sy soms mense vra ook hoe dit met háár gaan.

Tog is sy uiters privaat. Sy glimlag verleë toe ek haar vra, maar weier om te verklap of sy 'n spesiale man in haar lewe het. "Die dinge wat mense nie van my weet nie, wil ek juis nie hê hulle moet weet nie!" Sy vertel wel sy's 'n onmoontlike romantikus en hou van stories met 'n gelukkige einde. Sy lees graag John Grisham se hofsaak-romans, is "mal" oor André P. Brink se boeke en geïnteresseerd in die Tweede Wêreldoorlog. Dalk sal sy eendag, ná haar aftrede, selfs 'n behoorlike studie daarvan maak . . .

Vertel ons van Zelda.

Dis 'n moeilike een. Mense maak my opgewonde. Ek het 'n ongelooflike familie en wonderlike vriende in my lewe. Asof ek nie geseënd genoeg is nie, ontmoet ek steeds die ongelooflikste mense, maar ek's ook skepties oor mense en hul bedoelings met my. Baie sien net dollar-tekens as hulle my ontmoet: Wat ek vir

Hoe ontspan jy?

"Ek bring tyd in die natuur of saam met vriende deur. My beste tyd is op my eie of saam met die spesiale mense in my lewe, die Here en my honde. Dis moeilik om heeltemal te ontspan, ek het verleer om dit te doen. Mense dink ek is 'n ekstrovert omdat ek hard praat en lag en soms ligsinnig is.

Inteendeel. Dis vir my maklik om by die werk in beheer te wees, maar persoonlik sukkel ek om tyd en ruimte vir myself te vat om behoorlik oor dinge na te dink. Madiba het altyd gesê hy mis die tronk omdat hy daar tyd gehad het om te dink. Ek't altyd gedink dis 'n harde ding om te sê, maar ek kan 100% vereenselwig met 'n tekort aan ruimte en tyd om te dink. Selfs by die huis of op vakansie pla my selfoon my. Ek's soos 'n verslaafde wat wag dat die foon lui." - Zelda la Grange

 

 hulle kan beteken en aan wie ek hulle kan voorstel. Maar verlede jaar het ek besluit ek gaan my hart oopmaak en nie so sinies oor mense wees nie. Dit was die beste jaar van my lewe. Ek vind inspirasie in diegene naaste aan my en hul suksesse. Ek bewonder hulle oor hoe hulle probleme hanteer en uitdagings aanpak. Ek leer elke dag.

Jyself is nou al 'n celebrity. Hoe hanteer jy dit?

Celebrity-status is 'n gevaarlike ding. Dis valse sekerheid wat jou in 'n delikate gemaksone plaas en iets wat in 'n oogwink jou grootste vyand kan word. My uitkyk is: Ek is nog altyd geseënd. Daarom het ek oor die jare heen onderhoude toegestaan omdat ek voel ek is dit verskuldig om aan mense te vertel Madiba is die mees fantastiese mens denkbaar. Ook om die belangrike lesse te deel wat mense by hom kan leer. Ongelukkig het juis dít my van my privaatheid ontneem. Hoewel mense dink dis glansryk, plaas dit onnodig baie druk op 'n mens, jou verhoudings en jou persoonlike lewe.

Wat is die grootste les wat jy by Madiba geleer het?

Dis nie soseer persoonlike lesse nie, maar eerder lesse wat ons almal by hom kan leer: Om respek vir almal te hê en om nooit iemand se integriteit ongegrond te bevraagteken nie, want dit mag 'n weerspieëling van jóú integriteit wees. Om nooit iemand, ongeag rykdom, armoede of sy status te klassifiseer nie. Om mense se tyd te respekteer.'n Dokter se tyd is nie belangriker as 'n smous s'n nie. Ons almal het 'n sekere aantal jare op aarde gekry en elke mens se tyd is dus ewe kosbaar.

Waaroor het Madiba jou al berispe?

Ek's ongeduldig en moes my benadering tot baie dinge verander. Toe ek jonger was, wou ek kortpaaie vat rondom dinge en hy't my geleer die kortpad is nooit die regte pad nie. Hy't my al berispe as ek onredelik teenoor mense was of 'n saak te vinnig wou afsluit sonder om dit mooi van alle kante te bedink. Madiba spot dat mense bang is vir my, maar hy weet dis om die regte redes. Ek kan 'n skelmstreek 'n ligjaar ver raaksien en dit het tweede natuur geword om altyd 'n bietjie skepties te wees, binne perke.

Morgan Freeman, Graça Machel, Futhi Mtetwa, Madiba Wat het jy gedink van Morgan Freeman se vertolking van Madiba in die fliek Invictus?

Ek's bevooroordeeld. Ek was drie jaar lank betrokke by die proses rondom Invictus en ek het Morgan gehelp met sy karakterskets. Ek dink sy vertolking is die beste wat ons nog van Madiba gesien het. Hy het self later natuurlik en onwetend sy gesig soos Madiba s'n begin trek en klein goedjies gedoen wat my byna geskok het, so na was hy aan die ware karakter. Ek het vir twee uur gehuil toe ek die eindproduk gesien het.

Dit was asof ek elke oomblik van voor af meegemaak het. Die fliek gee Suid- Afrikaners die voorreg om 1995 te herleef, ongeag kritiek op enige aspek van die fliek.

Ek, Matt Damon, Lori, Grant Roberts, Zak Feaunati

Foto's (hierbo): Hier is ons by 'n Invictus-voorskou. Heel links is Morgan Freeman met Graça Machel, Madiba se vrou, langs hom. Futhi Mtetwa, wat ook by die Nelson Mandela Stigting werk, is in die middel

Links: Ek, Matt Damon en Lori McCreary, een van die vervaardigers van Invictus, saam met Grant Roberts (links) en Zak Feaunati (regs) in Johannesburg. Grant en Zak het ook in die fliek gespeel.


Wat gaan jy doen as Madiba nie meer daar is nie?

Madiba mag dalk daar wees en dan leef ék nie meer nie! Ek het onlangs my eie onderneming geregistreer om my toe te laat om by eksklusiewe toerisme betrokke te raak. Ek wil presies dit wat ek nou doen op korttermyn-kontrakte vir ander hooggeplaastes en BBP's doen. My passie is om te organiseer en te dien. Ek wil dit bly nastreef.

Kan jy Xhosa praat?

Tot my skaamte kan ek geen Afrika-tale praat nie. Ek kan so 'n bietjie verstaan en hier en daar 'n woord gebruik. Hoe het jy in dié werk beland?

Ek het in 1994 suksesvol om 'n tiksterspos in die President se kantoor aansoek gedoen. Ek was 'n senior ministeriële tikster van 1994 tot 1996 en is toe bevorder tot een van die President se assistent- private sekretarisse. In 1999, met sy aftrede, het hy my gevra om in sy diens te bly. Ek werk egter nie in 'n kokon nie. Die mense om my is almal belangrik in Madiba se lewe - van sy lyfwagte tot sy kok tot die vroue wat skoonmaak tot die voorsitter van sy stigtings. Dit sou 'n groot fout wees om nie daardie mense in sy lewe ook te erken nie.

Wat is jou werksomskrywing, kortliks?

Raak jy ooit eensaam?

Ja, maar dis nie 'n eensaamheid wat iets of iemand veroorsaak of kan wegneem nie.'n Groot deel van my werk is/was om Madiba te beskerm teen uitbuiting of mense wat hom wou gebruik of met hom geassosieer wou word vir watter verkeerde redes ook al. Ek moes daarom baie druk van die buitewêreld absorbeer en oor 'n lang tydperk kan dit nie goed wees vir enigiemand nie. Dit was lekker en goed en reg en wonderlik, maar daarmee saam kom wat ek nou beskou as "eensaamheid".

 

Ek is in diens van die Nelson Mandela Stigting. Ek is die bestuurder van Madiba se kantoor en deel van die stigting se bestuur. Sedert Madiba se aftrede, of sal ek sê sy suksesvolste aftrede, in 2008, het my werksomskrywing baie verander. Ek sien steeds om na sy publieke kantoor, openbare betrekkinge, korrespondensie, administrasie, sy dagboek, ens. Die afgelope twee jaar was my tyd en energie baie meer gefokus op geldinsameling vir die Mandelaorganisasies, maar ek wil vanjaar minder reis en soveel moontlik tyd op eie bodem deurbring.

Watter mens wat jy ontmoet het of ervaring staan uit?

Daar's nie 'n dag die afgelope 15 jaar dat daar nie iets was wat uitgestaan het nie. Dis verrykend om mense te ontmoet wat, ondanks hul bekendheid en rykdom, eenvoud nastreef en die kleiner maar dieper dinge in die lewe waardeer. Ek dink elke mens het 'n kwota voorregte in die lewe gekry. Ek is sewe lewens se voorregte vooruit danksy al die ervaring en blootstelling wat Madiba my gegun het, en ek is diep dankbaar daarvoor.

Was daar al 'n oomblik wat jou verleë gemaak het?

Toe Bill Clinton die Amerikaanse president was, het my aandrok tydens sy staatsbesoek aan die helikopter se trap vasgehaak en ek het gesig eerste met die grond kennis gemaak, reg agter Madiba. Hy was besig om met my te gesels terwyl ek uitgeklim het en toe hy omdraai om oogkontak te maak het hy my op die grond aangetref. Hy was vreeslik besorg. Die lyfwagte was meer besorg oor hoe om hul lag te hou. Die bosse rondom ons het geskud soos al die mans (spesiale magte) wat daar weggekruip het om die gebied te beveilig, gelag het. Ek was jonk en skaam. Minute later het ek boonop oor 'n baksteen gestruikel en byna weer neergeslaan. Ek is nie gewoonlik lomp nie. Madiba het toe net tergerig gesê: "Kry eerder vir jou 'n stoel."

Voel jy soms dat jy jou persoonlike lewe opgeoffer het om dié werk te doen?

Dis 'n sterk woord. As jy kyk wat ander mense in Suid-Afrika moes opoffer vir ons vryheid en demokrasie, is my opoffering nul. Ek's nie spyt oor enigiets nie, maar mis sekere dinge, ja. Ek laat egter nie toe dat my verlede my toekoms bepaal nie en ek neem verantwoordelikheid vir waar ek in my lewe is. Ek het 'n onblusbare lus vir die lewe en gaan slaap elke aand doodmoeg - nie omdat ek moeg is nie, maar omdat ek die dag voluit geleef het. As ek weer 48 keer dieselfde kanse kry, sal ek presies dieselfde doen, maar net meer lag.

Het jy tyd vir 'n persoonlike lewe?

Ek het baie jare lank nie een gehad nie, maar nou het ek. Ons reis nie meer nie, tensy dit vir geldinsamelings is, en dan reis ek alleen. Dis nou makliker om my lewe vooruit te beplan. Dis 'n luukse en iets wat ek lank nie geken het nie.

Ek is steeds besig en die druk van die buitewêreld is nie minder nie, maar ek het geleer om balans te vind. Iemand het dit nou die dag mooi verduidelik: Alles in jou lewe is glasballe wat jy in die lug probeer hou - geliefdes, vriendskap, gesondheid . . . Die enigste rubberbal tussenin is jou werk. As jy daardie bal laat val, sal dit altyd terughop, maar as jy die res laat val, is dit stukkend. Dis belangrik om aan die regte dinge aandag te gee. Werk en werk hard, maar koester die dinge wat kosbaar is.

Waar kom jou liefde vir motorfietse vandaan?

My pa het onlangs vir my foto's gegee waar my ouma in die jare 30 of 40 op haar eie motorfiets gery het. My pa het ook in die 50's motorfiets gery. Die enigste antwoord is: Dis in my bloed. Ek het 'n BMW 800GS en is verlief op hom. Om motorfiets te ry is bevrydend. Met Johannesburg se verkeersdruk is dit 'n plesier om enige plek op my ysterperd te ry. Ek's maar lekker bang, so ek jaag nie.'n Goeie beskrywing is dat ek 'n regte "sissie op 'n bike" is.

Sal jy dit ooit oorweeg om 'n boek te skryf?

Ek dink ek gaan Tasmanië toe trek as nog iemand vra of ek 'n boek gaan skryf! Ek dink ek gaan een skryf oor hoe om 'n tas te pak. Dis al wat ek redelik goed kan doen.