"Hier is niks! Kilometers van niks! Maar dié plek is amazing! Jy kan kilometers in die verte kyk."

"Die sonsopkoms en sonsondergange by Verneukpan is ongelooflik mooi - die mooiste ooit!"

karlien_van_jaarsveld_hande_shoot_7_630w Foto: Verskaf

"'Hande' gaan oor die eenvoud van 'n verhouding. Jy hoef nie groot goed te doen of geld te hê nie - dit gaan net oor daardie manier wat jy aan iemand vat. Verneukpan is 'n baie goeie plek om hierdie eenvoud te wys."

"Elektrisiteit is nie volop op Verneukpan nie. Jy gebruik krag wat deur die son en die wind opgewek is. As daar nie baie krag oor is nie, word jou hare en grimering in die kar se ligte gedoen en ons span die kragopwekker in.

"Dié plek leer jou van dankbaarheid en nóg meer dankbaarheid."

"Hulle noem dit Verneukpan, want die plek verneuk jou! Al het jy 'n baken neergesit die vorige dag en jy dink jy weet in watter rigting om te loop, kry jy dit nie weer maklik nie. Dié pan verneuk jou sonder enige hoek of draai. Ons het gesukkel om kop te hou."

karlien_van_jaarsveld_hande_shoot_2_630w Foto: Verskaf

Karlien se pragtige rok is deur Anel Botha ontwerp - wat ook haar trourok ontwerp het. Anel is ook verantwoordelik vir die meeste van Karlien se aandrokke. "Sy verstaan my al en ek vertrou haar."

Karlien en haar skoonsuster, Bobby se vrou, Annatjie, gaan saam met Anel 'n klerereeks begin. Dié reeks gaan mooi dagklere verkoop.

KYK DIE MUSIEKVIDEO HIER!

NUWE ROLPRENT

as_jy_sing_poster_final_300w'n Nuwe Afrikaanse fliek is op pad!Karlien speel in As jy sing teenoor haar broer Bobby, Hanna Grobler, Franja du Plessis en Robbie Wessels.

"Dit is baie harde werk! Ek kyk nou met nuwe oë na akteurs. Maar ek is mal ook toneelspeel. Ek wou dit altyd gedoen het voordat ek begin sing het.

"Maar dit is snaaks om teenoor my broer te speel! Ek moet na hom kyk asof ek hom nie ken nie."

Karlien speel 'n vaal sjef op 'n sangkamp. Iets waaraan dié blondine nie gewoond is nie. "Ek sal nooit daardie klere dra nie. Maar dit is lekker, want dit sit jou dadelik in karakter. Ek stap nooit uit die huis uit sonder om grimering aan te sit nie!"

As jy sing begin middel November in teaters landwyd wys.

En die babas ...

karlien_glimlag_300w Foto: PixelPro

Karlien het onlangs bekend gemaak dat sy en manlief Derick Hougaard 'n tweeling verwag. "Dit was die wonderlikste dag van my lewe toe ek uitgevind het dit is 'n tweeling!

"Ek weet nie wat jy doen as jy dadelik ná die geboorte moet weggaan nie. Ek gaan eers 'n rukkie afvat en nie vertonings doen nie."

Só voel Karlien oor haar swangerskap