Die deelnemers is venynig en dis lekker om almal in aksie te sien. Die rugstekery het sommer al in die eerste paar minute op die eiland begin. Dit was verrassend om te sien dat die deelnemers wat die sterkste voorgekom het, die ander deelnemers woedend gehad het omdat hulle geen uithouvermoë het nie.

Hier is 'n paar aanhalings uit die eerste episode wat die joernaliste by die voorskou laat lag het:

"Ek is nie 'n f*kkin meermin nie. Ek is nie gemaak hiervoor nie."

"Ek het gedink hy gaan te veel kos eet. Hy gaan nie kan hardloop nie. En ek was reg."

"Ons het twee loser-leiers."

"Hy dink hy's 'n stamleier. Hy's nie veel van 'n leier nie, kom ons wees eerlik."

**Ons hou jou elke Woensdagoggend op die hoogte van wat agter die Survivor SA-skerms aangaan.

Survivor-deelnemers Sandy Schultz Survivor-uitdaging
Die Survivor-deelnemers Sandy Schultz, Survivor-deelnemer 'n Survivor-uitdaging op
Santa Carolina, Mosambiek

Raai wat?

Wat jy nie van Nico Panagio geweet het nie...