Die Wincklers se eersteling, Lian, word in die komende dae gebore. Kyk na foto's van hul splinternuwe babakamer.

Heinz is tans op die stel van die nuwe Afrikaanse fliek Getroud met rugby: Die onvertelde storie wat in November vanjaar uitgereik word.

Sy eerste Afrikaanse CD Ek kan weer in liefde glo het binne 4 maande goue status bereik.

Heinz het bekendheid verwerf toe hy in die eerste plaaslike Idols-reeks in 2002 as die wenner uit die stryd getree het. By die World Idol-reeks het hy die vierde plek behaal. (Kelly Clarkson was tweede.)