Toeganklik, aangenaam, bekkig . . . dis Pieter Koen, sanger en veld-aanbieder van Kwêla op kykNET.

Maar hedendaagse styl? Wel, dit het dalk so effens gestagneer of agterweë gebly die afgelope paar jaar. Pieter sê half verskonend oor sy blonde ligstrepe en spikes: “Ek het dan gedink dis in?”

Maar dié oormaaksessie het nie nét by hare gebly nie.

Fanie Cronjé van SARIE het behoorlik ingeklim en veral veel te sê gehad oor 'n man se skoene . . .

"Dik rubbersole is onvergeeflik. Smyt dit weg. Tekkies is in en swart blinkleer-toerygskoene of insteekskoene (slip ons) is báie in, met of sonder sokkies. Stewels: ’n moet, op jou enkels of hoër. Maar pasop weer vir dik sole. Vellies, brogues, plakkies, sandale en seemanskoene is in die mode."

Kyk hoe lyk Pieter nóú in die Julie-SARIE (vanaf Maandag 8 Junie te kry). En Fanie lig die sluier oor hoe jou hare, jeans, pak en hemp moet lyk, Meneer . . .