Fanie, SARIE se styl- en sosiale-redakteur is verantwoordelik vir die stilering van SARIE se voor- en binneblaaie. Hy was tot onlangs die aanbieder van die oormaak-program ID op kykNET en is 'n gereelde gas op Glitterati.

Fanie se mooimaak met Angelique:

Wat dra sy vir die voorblad?
"Haar oë vonkel, haar hande praat saam, haar hare skitter... Toe besluit ek op blinkers en speelse ringe vir die voorblad om haar persoonlikheid te weerspieël. Ek het haar onder die blink bostuk 'n noupassende top laat aantrek - in 'n koel pienk wat die kleur van die silwer blinkers optel. Die kontras tussen die materiale maak blinkers juis dagdrag."

Haar oë...
werk met kontras. Angelique se oë tref met swart oogomlyner, swart maskara en sterk wenkbroue.

Haar lippe...
is neutraal gehou vir kontras. Gebruik sagte pienke, beiges, bruine of 'n titseltjie pers vir die voorkoms

Haar hare...

  1. Dis drooggeblaas met 'n groot borsel.
  2. Toe in 8 stukke verdeel.
  3. Elke stuk is om 'n krultang gedraai - van die onderpunt opwaarts na haar kop - vir groot, los krulle.
  4. Tóé kon ons feitlik enigiets daarmee doen - van los hare tot 'n vlegsel en 'n los bolla in haar nek