“. . . verf en laventel” In ons coloured gemeenskap het ons die manier om elke Kersfees te spring clean. En dit sluit alles in . . . van skilderye teen die mure afhaal en skoon skrop, tot die huis binne en buite oorverf. Ons het selfs die deure afgeskuur en oorgeverf. Dié reuk laat my altyd dink aan my grootwordjare as jong seun in Port Elizabeth. Die ander Kersreuk is laventel. Ek is mal oor lyfrome en opknappers. In 1995 het die mense wat saam met my as menseredders op King’s Beach in Port Elizabeth gewerk het vir my laventel-lyfroom vir Kersfees gegee. Elke keer as ek strand toe gegaan het, het die mense gevra wat ruik so lekker. Ek wil juis dié Kersfees saam met vriende in Port Elizabeth vier en gaan visvang. Lees die volle artikel hier