Die 31-jarige aktrise se hare was nog altyd deel van haar identiteit. Die bedryf het haar leer ken met lang, blonde krulhare. “Dis die kortste wat ek my hare nóg gesny het. Die afgelope 15 jaar het ek nooit van styl verander nie.”

Trix was aanvanklik huiwerig, maar het geweet as sy nie nóú ’n skêr gryp nie, sal dit nooit gebeur nie. “Elke keer as ek dit wou sny, het ek ’n rol losgeslaan. En dan mag ek nie my hare verander nie,” verduidelik sy. 

FOTO Jenni Herselman Photography GRIMERING Kirsten Murphy Makeup

Dis liberating, sê sy. “Ek het dit vir myself gedoen, nie vir ’n karakter nie, nie vir ’n rol nie. Dit was ’n nodige besluit.” 

Die Oscar-benoemde Michelle Williams was haar inspirasie.

BEVERLY HILLS, CALIFORNIA - JANUARY 05: Michelle
Michelle Williams was Trix se inspirasie. FOTO Getty Images / Gallo Images

En wat dink haar mede-aktrise en sus Lea Vivier? “Sy het dit die mommy-look gedoop,” lag Trix. “En manlief kyk elke keer twee keer as hy my sien.”

Haar raad vir gesonde, blonde hare? “See en son. My hare word al hoe ligter soos ek in die see swem. Dis die soutwater, hoor!” 

Sy sien uit na 2020. “Daar is soveel opwindende goed wat voorlê ...”

FOTO Jenni Herselman Photography GRIMERING Kirsten Murphy Makeup

’n Vollengte-film, TV-reekse en ’n nuwe produksiehuis, Gertrude Gosh.

“Ek en Lea het dit begin. Ons albei het die behoefte om werk te skep en saam te speel. Ek is so lief vir haar en ons werk goed saam.”

Hulle werk al reeds aan een stuk. “Die teks word deur die bekroonde dramaturg Marina Struwig van Melk en Vleis-faam geskryf. En die aktrise Ilse-Lee van Niekerk [van Getroud met Rugby-faam] behartig die regie. Ek is opgewonde daaroor om saam met hierdie jong, sterk vroue te werk.”

Gaan daar ’n Trackers 2 kom? “Ek weet nie ... ons sal maar moet wag en sien. Maar mense maak geluide ...” 

FOTO Jenni Herselman Photography GRIMERING Kirsten Murphy Makeup

FOTOGRAAF Jenni Herselman Photography

GRIMERING Kirsten Murphy Makeup