FOTO Instagram / @brendan_peyper

Wat is die beste raad wat jy ontvang het? En hoe het jy dit op TIOT toegepas?

BRENDAN: Om altyd jouself te bly en nederig, dankbaar te wees vir dit wat jy het. Jy is nie beter as enigiemand anders nie. TIOT is 'n kompetisie en ek het gou agtergekom jy moet nie iemand onderskat nie. 

MELINDA: Om positief te wees te midde van uitdagings, is nie naïef nie, maar eerder waagmoed en onverskrokkenheid. Mense wat my al ontmoet het, sal weet dat ek iemand is wat altyd oorborrel van positiwiteit. Dit het my nie net in my alledaagse lewe gehelp om anders te kyk na geleenthede of omstandighede nie, maar het my ook goed gebaat in Tropika. Met elke uitdaging wat daar vir ons gestel is, kon ek my positiwiteit gebruik om my spanmaat aan te moedig, in moeilike tye die lesse te kon sien wat daar te leer was en om ten spyte van enige terugslag, steeds elke nuwe taak met waagmoed en ywer te kon aanpak.

FOTO Instagram / @melindabam

Jy is gestrand op ’n eiland, watter drie mense hoop jy sal saam met jou op die eiland wees? 

BRENDAN: Die hele crew van Baywatch

MELINDA: Hmmm, my man, heel eerste en altyd! As ek Adriaan by my op 'n eiland het, is dit al die geselskap en avontuur wat ek nodig sal hê. Enigiemand anders mag dalk soos 'n derde en vierde wiel voel so tussendeur ons gekoer.

FOTO Instagram / @melindabam

Wat is die een ongewone ding wat jy moet in pak as jy die Maldives wil besoek? 

BRENDAN: Sonroom, 300 SPF

MELINDA: Om in die Maldives te wees en nie 'n onderwaterkamera of n GoPro by jou te hê nie, sal 'n gemiste geleentheid wees. Meeste van die mooiste en ongelooflikstee dinge is te sien as jy in of op die water is! Mens kan selfs nog jou swemklere los, maar jou onderwaterkamera is 'n moet. Die fotos wat jy neem, is soos 'n paspoort terug na onvergeetlike oomblike en uitsigte!

FOTO Instagram / @brendan_pyper

Jy is ’n energie-drankie, wat is jou leuse?

BRENDAN: Get a headstart with every sip

MELINDA: “Beweeg jou BAM!” of “Die BAM Boost!” 

FOTO Instagram / @melindabam

Jy moet in ’n Hollywood aksie-fliek speel en kort ’n mede-ster, wie is jou keuse?

BRENDAN: Jessica Alba

MELINDA: Vir 'n aksie fliek met vroue dink ek die aktrises Alicia Vikander (van die nuwe Lara Croft-film) & Lupita Nyong'o (wat nou in Black Panther speel). En vir manlike medesterre sal dit Channing Tatum of Tom Hardy wees.

FOTO Instagram / @brendan_peyper

Jy gaan Olimpiese Spele toe, in watter sport is jy ’n pro?

BRENDAN: Spiesgooi

MELINDA: Hmmm, ek dink golf of heptathlon. Golf is een van my groot voorliefdes. Maar oor ek daarvan hou om fiks en gesond op klomp verskillende maniere te bly, sal iets soos die heptathlon iets wees wat ek sal geniet of in wil uitblink.

FOTO Instagram / @melindabam