Amalia wys spesiaal haar foto-album op sarie.com. (Sy was die meeste van die tyd agter die lens...)

Madrid - Spanje. Ons eerste dag en eerste stad. Hierdie is sommer net 'n "random" gebou, maar ek het gehou van die refleksie op die water en dit was immers die eerste foto van die vakansie.

Madrid - 'n Bouflater, maar uiteindelik 'n interessante verskynsel om te sien. Die argitek het 'n fout met sy berekeninge gemaak en wou die twee kolomme verbind. Dit het toe nooit gebeur nie!

Fietsry is baie gewild in Europa en oral waar jy kom, kan jy 'n fiets huur om bietjie "sight seeing" te doen.

Ek, my ma, Celia, en my pa, Abe, in Barcelona.

In Arles, die suide van Frankryk. Dit is hier waar Vincent van Gogh baie van sy meesterstukke geskep het en ook vir 'n ruk lank gehospitaliseer is.

Die hospital waar Vincent van Gogh was.

'n Oulike klein winkeltjie wat spesialiseer in allerhande soorte olies in Aixe en Provence, Frankryk.

'n Bedelaar met sy honde in Aixe en Provence.





Die hele Aixe was vol interessante beelde.

Geneem in Aixe.

Die vissersdorpie, Cassis. Dit was die eerste keer in my lewe dat 'n plek my oë laat traan het van verwondering. Ek lê hier op die pragtige klein strandjie en wens ek kan die seën met almal in my lewe deel!

Florence, Italië. Ek is 'n perdeliefhebeer en hulle het vir my sooo oulik gelyk met hul munching bags! :)

'n Replika van die Dawidbeeld. Ons het die regte meesterstuk van Michealangelo wel in 'n museum gesien, maar was ongelukkig nie toegelaat om foto's te neem nie.

Die "Spanish Steps" in Rome.

My ma by 'n mimiekkunstenaar in Rome - hulle is nogal baie oortuigend!

Die indrukwekkende Collosseum in Rome.

In Amsterdam. Die kenmerkende fiets, vergete teen 'n boomstam. Amsterdam was by verre my gunsteling. Miskien oor ons ook die langste daar was en werklik baie kon sien, Die Ryjks-, Van Gogh- en Fotografiemuseum; die huis (geheime anneks) waar Anne Frank en haar familie vir twee jaar lank weggekruip het en vele meer!

Een van my gunsteling-foto's... die swaan dryf op 'n kanaal in die bekende Walletjiesstraat...die rooi lig wat op die water reflekteer is een van die dames se ligte wat daar woon en werk...

Ek het vir Mandela raakgeloop! He-he... nee, by Madame Taussaud's in Amsterdam.