'n Uittreksel uit die artikel: "Kan jy nie sien ek het oud geword nie?" vra sy. "Dit voel vir my asof ek in die laaste jaar tien jaar ouer geword het. Of dalk het ek volwasse geword. Ek het so baie dinge geleer. Ek moes leer wie om te vertrou. Ek sien die lewe vanuit ’n ander oogpunt. Ek is meer sinies, hoewel ek nie my vertroue en my hoop in die lewe verloor het nie. Hopelik maak dit alles van my ’n beter mens. "Goed bly woel in my kop. Hoekom juis dáárdie meisie, weet ek nie. Joost sê hy onthou nie eens wat die dag gebeur het nie. Dat hy haar nie sal herken as hy haar in die straat sien nie." Nadat Joost erken het dis hy in die video, het Amor daarna gekyk. "Dis baie dof. Ek het vir hom gesê: 'Joost, jy lyk dan dood daarin.' Ek weet nie of sy drankie gedokter was nie.

 
Joost, jy lyk dan
dood in die video" - Amor
 
"Ek het nog nie Joost se boek gelees nie, maar ek weet hy vra my en sy familie daarin om vergifnis. Hy moes dit al in Februarie gedoen het, toe die video op die lappe gekom het. "Hoe herwin jy vertroue in 'n verhouding? Dit sal nooit weer wees soos dit was nie." * Lees die volledige artikel én 12 lewenslesse wat Amor hierdie jaar geleer het in Desember se SARIE wat van Vrydag 6 November in die Kaap en vanaf Maandag 9 November landwyd op die rakke is.

+ EKSKLUSIEWE FOTO'S: Agter die skerms op Amor se voorblad-fotosessie

&aposn Soen vir almal

Lesley Whitby werk haar &aposmagic'Kleur in

&aposn Bietjie pretTussen uitrustings