“Ek het die eerste twee weke so baie gehuil dat ek dink ek is nou uitgehuil. Sommige dae wou ek net opkrul en slaap. Ek was so uitgeput dat my hare so droog soos gras was, my vel het knoppies gekry, my stem het soos ’n rasper geklink.“

“’n Dokter moes my een keer ’n kalmeerinspuiting kom gee, so ontsteld was ek. Ek het twee keer van ontsteltenis my selfone stukkend gegooi. Ek moes ook, heel aan die begin, ligte slaappille gebruik omdat ek van nagmerries wakker geruk het elke keer wanneer ek ingesluimer het. Ek het daarmee opgehou, ek is nie ’n pil-mens nie. Ek gebruik nou net Vitathion en kry vitamien B-kompleks-inspuitings.

“Ek het meer begin eet, ek het eintlik vet geword. Ek is nou fine en gelukkig.”

Dis nie maklik as jy weet mense kyk na jou en skinder nie. “Ek weet as ek in die winkels is, of in ’n vliegtuig,

 

Ek ken hom. Hy sal my
en die kinders nie deur so 'n hel sit nie.

 

en daar by die KKNK, dat ek en Joost en ons verhouding bespreek word. Ek word nie kwaad nie. Inteendeel, ek stuur vir die mense seëninge en liefde. Ek weet só stuur ek goeie energie uit, wat na my toe sal terugkom.

“Ek haat ook nie die vrou in die video nie. Ek wil haar nooit ontmoet nie, maar ek wil haar ook nie leed aandoen nie.
Ek draai eerder weg as om te baklei.”

Lees die volledige eksklusiewe onderhoud met Amor in SARIE se Junie-uitgawe